NHK Montana

Meer oor ons

Meer oor ons

Die Erediens is die hartklop van ons Gemeente

Ons glo dat dit die plek is waar mense van alle ouderdomme, onder leiding van die Heilige Gees, verdieping beleef in hulle verhouding met God en toegerus word vir hulle lewe. Daar word baie moeite met die prediking en die liturgie gedoen, sodat almal, jonk en oud, die erediens beleef as ‘n ware ontmoeting met God.

By die byeenkomste na die erediens word die gemeenskap van gelowiges ook sigbaar en tasbaar. Ons kuier saam oor ‘n lekker koppie koffie en in hierdie tyd is daar ook toerustingsgeleenthede “om mense te help met hulle lewe” – ‘n slagspreuk wat die hartklop van ons bediening saamvat.

Ons eredienste vind om 8:30 plaas. 

Vir verdere navrae: Kerkkantoor of die Predikante
Vir verdere navrae:



Kerkkantoor of die Predikante