NHK Montana

Kinders

Kinders

Babas

Ons wil graag ‘n gemeente wees waar gesinne met kinders van enige ouderdom tuis en gemaklik voel. Daarom is daar 2 besondere ruimtes vir gesinne met babas en peuters. Die moederskamer is in die besonder vir mammas en babas – hier is stil en private ruimtes vir bors- en bottelvoeding (met ‘n bottelverwarmer) asook ‘n ruimte vir doekruil, terwyl jy steeds na die erediens kan kyk/luister. Daar is ook ‘n gesinskamer, waar die hele gesin die erediens saam kan bywoon. Alhoewel hierdie ruimte vriendelik is vir ons klein woelige babbelbekkies, is dit met groot, deursigtige en klankdigte glasvensters, volledig deel van die kerkgebou. Ons wil graag hê dat kinders van die heel begin af deel moet voel van die erediensgebeure en die ander erediensgangers.

Voorskool

Hoewel die voorskoolse kinders nog nie deel is van die kategese groep nie, is daar verskeie aktiwiteite vir hierdie groep na eredienste op sommige Sondae. Ons het ‘n heerlike speelparkie met klimrame. Ons het ook een maal per maand Kleuterkuiers – hier word selfs die jongste kinders ingetrek by die gemeentelewe en bediening.

Kategese (Gr.1-11)

In ons Graad 1-8 groepe doen ons die Odos kategese reeks wat kinders op ‘n besondere manier bekendstel aan die Bybel, en hulle op ‘n baie interaktiewe manier betrek by die lesse en inhoud.